Lambert & Marlize se troue op Droombos was ‘n droom om te kon afneem. Droombos bied soveel foto opsies vir ‘n fotograaf dat dit bykans onmoontlik is om te kies wat om te los en wat om te vat.
Hierdie spesiale dag is ook geseën met die mooiste weer en wolke – reën is vir elke Namibiër ‘n blessing behalwe vir ‘n wedding vendor. Maar later meer hieroor!
14 December 2024
As Sossusvlei ‘n droom landskap is, is Droombos ‘n droom venue. Bome om oor stories te skryf, mure wat van tyd getuig, wingerde om in te wandel… grasperke so ver soos wat die oog sien – hier is alles en nog ‘n bietjie.
Droombos doen ook die dekor en kos – ‘n venue wat alles voorsien is gesog en nie altyd so maklik bekombaar in Namibië nie.
So hier is ‘n plek so na aan die fotograaf se hart as kan kom en die bruid kan net beplan en droom oor haar groot dag.
En natuurlik was die kamers net so mooi en stylvol soos buitekant en kon ek net neem sonder om te veel rond te skuif.
Droombos Wingerd
As ek jou nog nie oortuig het om ‘n First Look te doen nie, kontak my, en ek vertel jou van die wonders van ‘n First Look. Beide my laast twee troues van 2024 het beluit om hierdie “omstrede” geleentheid aan te gryp vir hul groot dag en as ek so na die foto’s kyk is ek nie vir een oomblik spyt vir my aandeel daarin nie.
Met ‘n First Look kry die bruidegom kans om sy trane te laat loop. Om sy bruid te bewonder met groot oë en sy mooiste woorde net vir haar te sê. Sy kry die geleentheid om vir hom te sê hoe sy voel, haar diepste drome vir hulle saam… en als in privaatheid. Hoe spesiaal is dit nie?
Los die tradisionele beloftes vir die kerk en die dominee. Dan kan almal hoor en luister. Maar doen hierdie en ek kan jou waarborg jy gaan hierdie tot die dag van jou dood onthou.
Droombos
Na ‘n emosionele First Look, die eerste familie foto’s en kosbare oomblikke, was dit tyd vir trou seremonie.
Lambert & Marilize het baie vroeg op die Saterdag namiddag getrou en hoewel dit aanvanklik vir my vreemd was, het dit uitstekend gewerk – veral met ‘n venue soos Droombos.
Na die formaliteite afgehandel is, het die kuier begin. Op groen grasperke onder oer oue bome is ou bande opgetel en nuwe vriendskappe gevorm. Hier is gekuier tot niemand meer wou huis toe gaan nie.
So tussen die geselsies deur, is die toesprake gedoen, die famiie foto’s geneem en die koek gesny.
En toe almal nou mooi gesels en so ampertjies vergeet van die bruid en die bruidegom, kon ek hulle steel en ons kon Droombos na hartelus verken.
Droombos
Ons hou van reën. Elke bruid in Namibië weet dat dit ‘n seën is as dit op jou troue reën. Ons werk dit ons beplanning in. Ons is reg daarvoor… wel, ons hoop ons is.
Met die terug kom slag by die bruilof gaste, is dit duidelik dat dit nie meer ‘n buitelug trou gaan wees nie. Dit dreun rondom Windhoek en druppels begin swaar val. Die bar hou aan besigheid doen, want daar is ‘n afdak.
Maar die tafels se skuif is minder spoedig en die immers gewilde Naomi met ‘n dekade se matriek afskeide op haar naam spring in en als word oorgedoen – hierdie keer onder dak.
En toe begin die kuier… die eintlike kuier. Die litte is reeds ontspan en die sports op die dansbaan begin sommer vinnig. Grease Lightning moves… Footloose en ‘n bietjie Outjo is aan die beweeg en almal het dit eens – dis ‘n makiete om te onthou.
I love to travel and I really love to photograph love stories from across the globe.
In fact, I love travelling so much, I’ll even help you plan your trip to Namibia if you need help.
Let’s talk and see if we can put together the elopement or even wedding of the year!
CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION