Dress: Vanilla Confetti
Rings: Adrian & Meyer en Outentiek
Make-up & Hair : Johanna Meyer (Bruid se Ma!)
Flowers: Leanne
Venue: Farm Sophienhof Esli, Outjo
Food: Pa Lukas en Ma Corna
Ma Johanna
Oupa en Ouma Holtzhausen
Oupa En Opuma Kotze
Oom Dawid
Decor: Mclee Events
Pa Lukas
Cake: Corrie
Dominee: Ds Lukas
DJ: Wayne Blaauw
MC: Louis Karsten
DJ & Roline het op 21ste Desember, op ‘n warm somersdag die eed aan mekaar beloof of DJ se geboorte dorp. (Ek is effens dankbaar ons het nie die langpad suide toe gevat nie).
Dit was my laaste troue vir 2024, so kort voor Kersfees. Die wind het ons stukkend gewaai en met tye amper van die rotse af, maar dit was als die moeite werd. Ons het ‘n skouskel van kleure op die terrasse van die Ugab beleef soos wat ek nog nooit gesien het nie. En die jeug saam met my en voor die kamera, is ‘n groep jongmense wat ek so oor tyd leer ken het en ek sou hulle hulle vir geen ander verruil het vir daardie sessie op die rotse nie.
Kom geniet hierdie troue saam met my en bewonder die beautiful mense van ons land en so paar al die pad uit Matie-land.
The story of DJ & Roline
Ek gaan DJ & Roline se storie vertel soos wat Roline dit aan my vertel het…
DJ en Roline spot altyd, Frive & verlief, en toe verloof. Hulle het ontmoet by n Frive sokkie (dis n sosiale groep jongmense van die NG Kerk wat minstens eenkeer n maand bymekaar kom en sosiaal verkeer).
DJ het sy knie seergemaak met rugby so het maar min rond beweeg en soos ‘n afvlerk voël in die hoek gesit. Roline het toe by hom gaan sit en lekker begin gesels. ‘n Gesels wat toe gelei na n koffie by my woonstel wat weer gelei het tot langafstand gesels (hy was op die plaas in Outjo).
Voor hulle, hul oë kon uitvee, vra hy haar toe om sy nooi te wees op sy verjaardag in Oktober. Roline spot heerlik met haar ridder op ‘n kruk, maar ons almat weet nou hoe suksesvol daai kruk was.
Outjo & Outjo Omgewing
Voordat ek wegspring met die seremonie, wil ek darem net eers sê dat toe ek op hierdie snik-warm middag by Sophien Lodge aankom en vir Roline aantref, was die eeste ding wat haar Ma en bruidsmeisies vir my gesê het – Roline kom nou uit die swembad uit!
Met dit ingedagte was dit ‘n baie vinnige aantrek en bruid-foto sessie want hierdie bruid konnie wag om by haar bruidegom te kom nie.
DJ & Roline het ‘n First Look gedoen en die baie groot opgewondenheid en senuwees kon tot bedaring kom – of ek dink so. DJ het soos ‘n prins geglimlag to Roline aan haar Pa se arm die kerk instap. Sy bruid was oppad.
Maar ek dink die hoogtepunt van hul seremonie was nie die eerste soen soon altyd nie, maar ‘n gebaar van diensbaarheid toe hierdie twee pragtige jongmense op hul knieë gaan en mekaar se voete was. Hoewel dit vir baie ‘n vreemde realiteit is, weet ons dat Jesus ook sy dissipels se voete gewas het. Voete wat nie in sokkies en kerk skoene was nie.
DJ & Roline, ek hoop dat hierdie foto’s vir julle ‘n tasbare herhinnering is van die pragtige daad wat julle vir mekaar gedoen het, maar ook van die beloftes wat julle aan mekaar beloof het.
Ek bid vir julle baie seën en liefde oor julle toekoms.
I love to travel and I really love to photograph love stories from across the globe.
In fact, I love travelling so much, I’ll even help you plan your trip to Namibia if you need help.
Let’s talk and see if we can put together the elopement or even wedding of the year!
CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION