Verlede jaar iewers oor ‘n baie mooi naweek, was dit sulke tyd.. Tyd om op te dress, mooi te lyk en te kuier. O ja, en om te trou. Dit was ‘n familie troue op ‘n familie plaas. Dit was groen. Dit was nat en dit was mooi.
‘n Jaar later en hier loop ons op die strand in afwagting om mini-Kevin te ontmoet.
Om so ‘n vol-sirkle met 2 mense die pad te stap, bly ‘n ongelooflike groot voorreg. En waarvoor ek altyd dankbaar sal wees.