mother-and-daughter-portrait-session_namibia_mariette-du-toit-photography

Elaine | Mother and Daughter Session

Net ‘n paar jaar gelede moes Otjiwarongo-ouers Outjo toe ry vir swemlesse. Die behoefte is raak gesien en iemand het begin les aanbied in ‘n swembad op die dorp. ‘n Paar maande later en iemand kry die visie om ‘n swembad te bou groot genoeg vir lengtes swem en lesse gee. En nie net ‘n swembad nie – ‘n warm swembad. My eie opgewondenheid was groot want dit is die ideale manier om van my baie besige seuntjie se energie ontslae te raak en die warm water is genoeg motivering om die minder aktiewe ouer een in die water te kry. Wen-wen.

Ontmoet Elaine. 

Elke keer as ek die seuns optel by swem is Eliane in die water. Wetsuite en bolla styf agter die kop vasgemaak. Dis hoe ek haar leer ken en kan my nie eintlik voorstel hoe sy andersins lyk nie. Een aand tydens ‘n skool konsert sien ek nuwe inwoners. Ek begin baie hard dink wie dit kan wees… Bietjie stadig, maar eventueel slaan dit my voor die kop. Dis Eliane – sonder ‘n wetsuite en ‘n bolla. Die transformasie is ongelooflik. 

Tyd stap aan en maande later het ek die voorreg om hierdie water nimf op grond af te neem saam met haar twee beautiful dogtertjies. Eliane doen niks halfpad nie en haar piekniek bord is genoeg vir tien. Dis ‘n fees en die dogtertjies juig, want mamma is hier by hulle, net hulle sin, reg om te speel.

Hoewel ek ‘n groot aanhanger van dokumentêre sessies is, is daar ‘n plek vir alles. Ons almal het ‘n ouma wat graag ‘n fototjie van die kinders te wil hê. ‘n Mooi portret fototjie. Ons het almal ‘n plekkie teen die muur wat wag vir ‘n foto wat pas by jou familie. 

Maak nie saak wat jou voorkeur is nie – ek is daar. Somer is aan die aankom en dis tyd vir foto’s neem. Maak seker jou sessie is geboek.

Mariëtte is a Namibian wedding & family photographer and travel agent. Photographing weddings on digital all over Namibia and wherever the need may be.

© 2024 Mariëtte du Toit Photography, All Rights Reserved.

Mariëtte du Toit Photography

Francois en Marissa Maternity
schorkopf family photosession

CALL ME TO START PLANNING YOUR DREAM PHOTO SESSION

+264 81 389 0244

Don’t miss out on my next blog post